Myne het ook so gekrap, tot sy pote was al stukkend van die gekrap en byt. Ek het als probeer, salfies, shampoos. Het ook kortisoon inspuiting gekry, maar op die langduur is dit nie goed vir hulle nie.

Ek het myne van alle hoender en bees hondekos afgehaal. Hy kry volstruis hondekos van Dr Hahnz. Daar is defnitief n merkbare verskil aan sy vel. Ek het ook by TherioDerm n salfie gekry wat ek aansmeer en dit werk wonderlik. Hoop jy kom reg, dis aaklig as hulle so ongemaklik is en heeltyd krap.

Need Help?